General Dynamics F-111 | |
---|---|
Tipe | Vegvliegtuig en bomwerper |
Vervaardiger | General Dynamics |
Nooiensvlug | 21 Desember 1964 |
Bekendstelling | 18 Julie 1967 |
Onttrek | Amerikaanse Lugmag F-111F, 1996; EF-111A, 1998 |
Status | Onttrek |
Hoofgebruiker | Amerikaanse Lugmag |
Vervaardig | 563 |
Die General Dynamics F-111 is 'n Amerikaanse vliegtuig wat aanvanklik ontwikkel is as 'n vegvliegtuig maar eindelik as 'n bomwerper gebruik is. Nadat die vliegtuig uit diens onttrek is het die Amerikaanse Lugmag die vliegtuig amptelik die General Dynamics F-111 Aardvark genoem, vermoedelik na aanleiding van sy lang neus. Dit het vir lank reeds nie-amptelik as die Aardvark bekend gestaan.