George C. Scott | |
Scott in 1961.
| |
Geboortenaam | George Campbell Scott |
---|---|
Geboorte | 18 Oktober 1927 |
Sterfte | 22 September 1999 (op 71) |
Aktiewe jare | 1958–1999 |
George Campbell Scott (18 Oktober 1927 – 22 September 1999) was ’n Amerikaanse verhoog- en rolprentakteur, rolprentregisseur en -vervaardiger. Hy was veral bekend vir sy teaterwerk en vir die vertolking van generaal Buck Turgidson in Dr. Strangelove or: How I Learned to Stop Worrying and Love the Bomb (1964), generaal George S. Patton in die prent Patton (1970) en van Ebenezer Scrooge in A Christmas Carol (1984).
Hy was die eerste akteur wat ’n Oscar van die hand gewys het (in 1971 vir Patton) nadat hy gewaarsku het hy sal dit doen op filosofiese gronde. Hy het ook in 1962 die Oscar-benoeming vir sy spel in The Hustler van die hand gewys. Nadat hy dit wel in 1971 gewen het,[1] het hy gesê die "hele ding is ’n verdomde vleisparade. Ek wil glad nie deel daarvan wees nie."[2]
Die Oscar vir Patton is ’n paar weke ná die seremonie aan die biblioteek van die George C. Marshall-stigting by die Virginiese Militêre Instituut geskenk wat deur geslagte Pattons bygewoon is, en dit word daar vertoon.