George I | |
---|---|
Koning van die Hellene | |
![]() | |
Periode | 30 Maart 1863 – 18 Maart 1913 |
Voorganger | Otto |
Opvolger | Konstantyn I |
Huis | Sleeswyk-Holstein-Sonderburg-Glücksburg |
Vrou | Olga Konstantinowna van Rusland |
Kinders | Konstantyn I Prins George Prinses Alexandra Prins Nikolaas Prinses Maria Prinses Olga Prins Andreas Prins Christoffel |
Vader | Christiaan IX van Denemarke |
Moeder | Louise van Hesse-Kassel |
Gebore | 24 Desember 1845, Kopenhagen, Denemarke |
Oorlede | 18 Maart 1913, Thessaloniki |
George I (Grieks: Γεώργιος Αʹ, Βασιλεὺς τῶν Ἑλλήνων, Geórgios Αʹ, Basileus ton Ellínon; 24 Desember 1845 – 18 Maart 1913) was van 1863 tot 1913 koning van Griekeland. Hy was oorspronklik ’n Deense prins en was net 17 jaar oud toe hy deur die Griekse nasionale vergadering gekies is as koning van Griekeland nadat hulle die voormalige koning Otto van die troon gesit het.
As eerste monarg van die nuwe Griekse Huis van Sleeswyk-Holstein-Sonderburg-Glücksburg, was sy heerskappy van 50 jaar (die langste in die moderne geskiedenis van Griekeland) gekenmerk deur die verowering van grondgebied terwyl Griekeland sy plek gevestig het in die Europa voor die Eerste Wêreldoorlog. Twee weke voor die viering van sy 50ste bewindsjaar en tydens die Eerste Balkanoorlog, is hy in ’n sluipmoordaanval doodgeskiet. In skerp teenstelling met sy bewind was die heerskappy van sy opvolgers kort en onseker.
George I is die oupa van prins Philip, die Hertog van Edinburg, die man van koningin Elizabeth II van die Verenigde Koninkryk.