Geraniaceae

Geraniaceae
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Divisie:
Klas:
Orde:
Familie:
Geraniaceae

Juss.[1]
Tipespesie
Geranium sylvaticum
Genera

Geraniaceae, of die geraniumfamilie,[3] is ’n familie blomplante van die orde Geraniales. Die naam is afgelei van die genus Geranium. Dit sluit beide dié genus in en die tuinplante bekend as geraniums, of malvas, wat in die genus Pelargonium val, asook vyf tot agt ander genera. Daar is sowat 800 spesies in die familie.

Die meeste spesies word in gematigde of warm klimaatstreke aangetref, hoewel sommige tropies is. Pelargonium word veral in die streke van die voormalige Kaapprovinsie in Suid-Afrika aangetref, waar daar ’n groot verskeidenheid is.

  1. Angiosperm Phylogeny Group (2009). "An update of the Angiosperm Phylogeny Group classification for the orders and families of flowering plants: APG III" (PDF). Botanical Journal of the Linnean Society. 161 (2): 105–121. doi:10.1111/j.1095-8339.2009.00996.x. Besoek op 6 Julie 2013.
  2. Aldasoro, J.J.; Navarro, C.; P . Vargas; Saez, L.; Aedo, C. (2002). "California, a new genus of Geraniaceae endemic to the southwest of North America" (PDF). Anales Jard. Bot. Madrid. 59 (2): 209–216.{{cite journal}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  3. Prof. dr. S.J. du Plessis (samesteller). Voorlopige Woordelys in Landbou en Bosbou. Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. Pro Ecclesia-drukkery, Stellenbosch, 1950.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne