Gerard Kuiper | |
---|---|
![]() Kuiper in 1964.
| |
Geboortenaam | Gerrit Pieter Kuiper |
Gebore | Tuitjenhorn, Nederland | 7 Desember 1905
Oorlede | 23 Desember 1973 (op 68) Mexikostad, Mexiko |
Oorsaak | Hartaanval |
Nasionaliteit | Nederlands-Amerikaans |
Alma mater | Universiteit van Leiden |
Beroep | Sterrekundige Skrywer Professor |
Jare aktief | 1933-1973 |
Bekend vir | Kuipergordel Kuiperprys |
Gerard Peter Kuiper (gebore as Gerrit Pieter Kuiper; 7 Desember 1905 – 23 Desember 1973) was ’n Nederlands-Amerikaanse sterrekundige, skrywer en professor. Die Kuipergordel is na hom genoem. Hy word deur baie beskou as die vader van moderne planetêre wetenskap.[1] As professor aan die Universiteit van Chicago was hy ’n doktorale adviseur vir Carl Sagan. In 1958 het die twee aan ’n geklassifiseerde projek van die Amerikaanse lugmag gewerk om ’n kernplofkop op die Maan te laat ontplof.