Gereformeerde kerk Johannesburg

Gereformeerde Kerk
Johannesburg
Sluit in  Mayfair
Mayfair-Wes
Langlaagte
Homestead Park
Vrededorp
Klassis  Johannesburg
Huidige predikant(e)  Ds. H.J. van der Walt
(laaste predikant)
In kombinasie met  Johannesburg-Oos
(net tydens 1986)
Belydende lidmate  103 (1985)
Dooplidmate  31 (1985)
Adres Thorastraat 5
Mayfair-Wes
Johannesburg
Geskiedenis
Stigtingsdatum  23 Mei 1896/22 Oktober 1950
Afgestig van  Pretoria
Eerste predikant  Ds. Martinus Postma
Datum ingelyf  1986
Saamgesmelt met  Johannesburg-Oos, Johannesburg-Sentraal

Die Gereformeerde kerk Johannesburg was die tweede gemeente van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika aan die Witwatersrand naas die gemeente Krugersdorp, wat net ’n maand vroeër gestig is.

Op 1 April 1943 is die grense tussen Johannesburg en Johannesburg-Wes (gestig 13 Desember 1930) opgehef en het dit die gemeente Johannesburg-Wes geword. Op 22 Oktober 1950 is Johannesburg herstig en vanaf 1952 het dit bekendgestaan as Johannesburg-Mayfair. In 1986 het dit met Johannesburg-Oos (gestig op 29 Februarie 1924) en Johannesburg-Sentraal saamgesmelt as Johannesburg (herstig), maar het die meeste van die voorstede wat binne Johannesburg-Melville geval het, deel geword van Johannesburg-Wes. In 1997 het Johannesburg (herstig) en Johannesburg-Noord (gestig op 1 Maart 1924) saamgesmelt as Johannesburg-Melville. In 1998 het Johannesburg-Wes en Delarey saamgesmelt as Bergbron. Johannesburg-Melville is daarna in 2002 ingelyf by Randburg, waarby Randburg-Oos in 2003 ingelyf is.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne