Gereformeerde kerk Johannesburg (herstig)

Gereformeerde Kerk
Johannesburg (herstig)
Sluit in  Johannesburg-Oos
Middestad, Selby
Braamfontein
Sunnyside
Johannesburg-Noord
Bramley
Sandringham
Bruma
Bedfordview (wes van N3)
Klassis  Johannesburg
Huidige predikant(e)  J.J. de Jager (laaste)
Belydende lidmate  241 (1996)
Dooplidmate  80 (1996)
Adres Jutastraat (vanuit Rissikstraat), Wanderers View, Johannesburg
Geskiedenis
Stigtingsdatum  1986
Eerste predikant  G.A. Hattingh, H.J. van der Walt
Datum ingelyf  1997
Saamgesmelt met  Johannesburg-Noord

Die Gereformeerde kerk Johannesburg (herstig) was 'n gemeente van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika (GKSA) in Johannesburg met 'n kortstondige bestaan van net 11 jaar. Die naam was amptelik Johannesburg, maar "herstig" word in die GKSA se Almanak se lys van ontbinde gemeentes bygevoeg om die gemeente te onderskei van die Gereformeerde kerk Johannesburg, wat van 1896 tot die opheffing van sy grense in 1943 bestaan het. Dié gemeente is ook herstig, en wel in 1950, maar dit het van 1952 tot sy ontbinding in 1986 as Johannesburg-Mayfair bekendgestaan.

Die gemeentegrense het 'n reusegebied beslaan van die westelike voorstede van Bedfordview in die ooste tot Braamfontein in die weste en die noordelike voorstede suid van Chester-, Jellicoe- en Corlettrylaan. Die Almanak van die GKSA dui die ontstaan van Johannesburg (herstig) aan as 'n samesmelting van die Gereformeerde kerke Johannesburg-Mayfair, -Oos en -Sentraal, maar in werklikheid het die buurte waaruit Johannesburg-Mayfair bestaan het – Mayfair, Mayfair-Wes, Langlaagte, Homestead Park en Vrededorp met die ontstaan van Johannesburg (herstig) deel geword van Johannesburg-Wes. Ook was Johannesburg (herstig) se sieletal in die eerste jaar van sy bestaan 164 minder as die drie kerke wat in 1986 ontbind het, terwyl Johannesburg-Wes se sieletal in dieselfde tyd met 98 toegeneem het.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne