Gereformeerde Kerk Pretoria-Oos | ||
![]() | ||
Sluit in | Arcadia, Sunnyside | |
Klassis | Oostelike Pretoria | |
Huidige predikant(e) | P.J. Geertsema (laaste) | |
Belydende lidmate | 159 (2003) | |
Dooplidmate | 13 (2003) | |
Adres | Troystraat 35 Sunnyside | |
Geskiedenis | ||
Stigtingsdatum | 30 Desember 1930 | |
Afgestig van | Pretoria | |
Eerste predikant | P.J.S. de Klerk | |
Datum ingelyf | 2003 | |
Ingelyf by | Pretoria-Brooklyn |
Die Gereformeerde kerk Pretoria-Oos was die tweede oudste gemeente van die Gereformeerde Kerk in Pretoria en is in 1930 gestig, 71 jaar ná die eerste.
Weens die ingrypende demografiese veranderinge binne die gemeentegrense is Pretoria-Oos in 2003 ontbind, dieselfde jaar as die aanliggende Pretoria-Sunnyside. Die gemeente het gedeeltes van die digbevolkte woonstelgebiede Sunnyside en Arcadia beslaan. In die laaste jaar van sy bestaan, toe dit die kleinste gemeente in die Klassis Suidelike Pretoria was, was daar 245 belydende en vyf dooplidmate. Die laaste leraar was ds. P.G. Geertsma. Die kerkgebou is by Troyestraat 174, Sunnyside.