Gereformeerde kerk Reddersburg | ||
![]() | ||
Sluit in | Edenburg Reddersburg Trompsburg | |
Klassis | Suid-Vrystaat | |
Huidige predikant(e) | J.H. (Hans) Grobler | |
In kombinasie met | Bloemfontein-Suidheuwels | |
Belydende lidmate | 56 | |
Dooplidmate | 9 | |
Adres | Kerkstraat 26 Reddersburg | |
Geskiedenis | ||
Stigtingsdatum | 12 Mei 1859 | |
Afgestig van | Oorspronklike gemeente | |
Eerste predikant | Johannes Beijer |
Die Gereformeerde kerk Reddersburg is die oudste gemeente van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika in die Vrystaat en een van die sewe oudste Gereformeerde kerke wat almal gestig is in 1859, die stigtingsjaar van dié kerkverband. Uit dié gemeente is nege dogtergemeentes afgestig, naamlik Bethulie, Ventersburg, Fauresmith, Boshof, Ladybrand, Petrusburg, Thaba Nchu, Wepener en Bloemfontein. Die dorp Reddersburg het sy ontstaan aan die stigting van hierdie gemeente te danke.