Gerry Adams | |
![]() Gerry Adams in 2013 | |
President van Sinn Féin
| |
Ampstermyn 13 November 1983 – 10 Februarie 2018 | |
Vise | Mary Lou McDonald |
---|---|
Voorafgegaan deur | Ruairí Ó Brádaigh |
Opgevolg deur | Mary Lou McDonald |
Teachta Dála
| |
Ampstermyn Februarie 2011 – Februarie 2020 | |
Voorafgegaan deur | Arthur Morgan |
LP vir Wes-Belfast
| |
Ampstermyn 1 Mei 1997 – 26 Januarie 2011 | |
Voorafgegaan deur | Joe Hendron |
Opgevolg deur | Paul Maskey |
Ampstermyn 9 Junie 1983 – 9 April 1992 | |
Voorafgegaan deur | Gerry Fitt |
Opgevolg deur | Joe Hendron |
LP van die Noord-Ierse Vergadering vir Wes-Belfast
| |
Ampstermyn 25 Junie 1998 – 7 Desember 2010 | |
Voorafgegaan deur | Nuwe pos |
Opgevolg deur | Pat Sheehan |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 6 Oktober 1948 Belfast, Noord-Ierland |
Politieke party | Sinn Féin |
Eggenoot/-note | Collette McArdle |
Kind(ers) | 1 |
Religie | Rooms-Katolieke Kerk[1] |
Gerry Adams (Iers-Gaeliese naam: Gearóid Mac Ádhaimh; 6 Oktober 1948) is 'n Noord-Ierse politikus en die voormalige leier van Sinn Féin, 'n Ierse politieke party wat Noord-Ierland met die Republiek van Ierland wil verenig.[2] Hy is ook 'n voormalige parlementslid vir Wes-Belfast. Hy het egter nie parlementsittings bygewoon nie, omdat hy nie Brittanje se gesag oor Noord-Ierland erken nie.
Weens sy bande met die Ierse Republikeinse Leër (IRL) het die Britse regering Adams jare lank verbied om na Engeland, Skotland of Wallis te reis. In die laat 1990's het hy egter met die Britse regering en ander Noord-Ierse politieke partye in gesprek getree om vrede in die streek te bewerkstellig. Die IRL het vyandighede in 1995 gestaak en in 2005 verklaar dat die oorlog verby was.