'n Predator-hommeltuig wat 'n Hellfire-missiel afvuur.
Geteikende moord of Teikengerigte moord is 'n vorm van sluipmoord wat veral deur regerings uitgevoer word buite 'n geregtelike prosedure of 'n slagveld.[1][2][3][4]
Sedert die laat 20ste eeu het die wetlike status van geteikende moord 'n onderwerp van twis binne en tussen verskeie state geword. Histories, ten minste sedert die middel van die agtiende eeu, het Westerse denke oor die algemeen die gebruik van sluipmoord as 'n instrument van staats en internasionale verhoudingbestuur as onwettig beskou.[5] Sommige akademici, militêre personeel en amptenare[6] beskryf geteikende moord as wettig binne die konteks van selfverdediging, wanneer dit aangewend word teen terroriste of vegtendes wat betrokke is by asimmetriese oorlogvoering. Hulle voer aan dat onbemande gevegsvliegtuie (hommeltuig) meer menslik en akkuraat is as bemande vliegtuie.[7][8]
↑Shane, Scott (14 Julie 2012). "The Moral Case for Drones". The New York Times. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Februarie 2017. Besoek op 13 Februarie 2017.
↑Johnston, Patrick B. (1 April 2012). "Does Decapitation Work? Assessing the Effectiveness of Leadership Targeting in Counterinsurgency Campaigns". International Security. 36 (4): 47–79. doi:10.1162/ISEC_a_00076. ISSN0162-2889. S2CID53519659.
↑Price, Bryan C. (1 April 2012). "Targeting Top Terrorists: How Leadership Decapitation Contributes to Counterterrorism". International Security. 36 (4): 9–46. doi:10.1162/ISEC_a_00075. ISSN0162-2889. S2CID15188795.