Gilles Deleuze | |
Geboortenaam | Gilles Louis René Deleuze |
---|---|
Gebore | Parys, Frankryk | 18 Januarie 1925
Oorlede | 4 November 1995 (op 70) Parys, Frankryk |
Nasionaliteit | Frankryk |
Vakgebied | Estetika, geskiedenis van die Westerse filosofie, meta-filosofie, metafisika |
Beïnvloed deur | Gilbert Simondon, Henri Bergson, Friedrich Nietzsche, Baruch Spinoza, Gottfried Leibniz, David Hume, Immanuel Kant, Karl Marx, Sigmund Freud, Jacques Lacan, Louis Althusser, Michel Foucault, Marcel Proust, Georges Canguilhem, Jean Hyppolite, Ferdinand Alquié, Maurice de Gandillac, Carl Jung, Jean Wahl |
Invloed op | Michel Foucault, Pierre Klossowski, Jean-Jacques Lecercle, Brian Massumi, Félix Guattari, Peter Hallward, John Protevi, Michael Hardt, Antonio Negri, Manuel DeLanda, Bernard Stiegler, Peter Sloterdijk |
Handtekening |
Gilles Louis René Deleuze (18 Januarie 1925 – 4 November 1995) was 'n Franse filosoof van die laat 20ste eeu. Vanaf die vroeë 1960's tot en met sy dood het hy vele belangrike werke gelewer, waaronder Capitalisme et Schizophrénie: Anti-Oedipus (1972) en Mille Plateaux (1980), beide geskryf saam met Félix Guattari. Sy hoofonderwerpe is filosofie, letterkunde, film, en kuns. Sy boeke Différence et répétition (1968) en Logique du sens (1969) het Michel Foucault gelei om te sê dat "eendag, miskien, sal hierdie eeu Deleuzian genoem word."[1] (Deleuze, aan die ander kant, het gesê Foucault se kommentaar was "a joke meant to make people who like us laugh, and make everyone else livid."[2])
'n Belangrike deel van Deleuze se oeuvre word gewy aan die lees van ander filosowe: die Stoïsyne, Leibniz, Hume, Kant, Nietzsche en Bergson, met besondere invloed afkomstig van Spinoza.[3] A. W. Moore, met verwysing na Bernard Williams se kriteria vir 'n groot denker, rangskik Deleuze onder die "grootste filosowe".[4] Alhoewel hy homself eens as 'n "suiwer metafisikus" gekenmerk het,[5] het sy werk 'n verskeidenheid dissiplines oor die geesteswetenskappe beïnvloed, insluitend filosofie, kuns en literêre teorie, sowel as bewegings soos poststrukturalisme en postmodernisme.[6]