Giuseppe Guarneri

Giuseppe Guarneri
Gebore
Bartolomeo Giuseppe Guarneri

21 Augustus 1698
Cremona, Lombardye,
Graafskap van Milaan (teenswoordige Italië)
Sterf17 Oktober 1744
Cremona, Lombardye

Bartolomeo Giuseppe "del Gesù" Guarneri Italiaans: [dʒuˈzɛppe ɡwarˈnɛːri]; 21 Augustus 169817 Oktober 1744) was 'n Italiaanse maker van strykinstrumente van die beroemde Guarneri-familie van Cremona. Hy word beskou as Antonio Stradivari (1644–1737) se konkurrent wat betref die kwaliteit van sy instrumente. Vir baie prominente violiste en versamelaars is sy instrumente die gesogste van alle instrumente. Instrumente deur Guarneri word dikwels na verwys as Del Gesùs.

Guarneri is bekend as del Gesù (letterlik: "van Jesus") omdat sy etikette na 1731 die nomen sacrum, IHS (iota-eta-sigma) en 'n lilienkreuz insluit.[1][2][3] Sy instrumente het aansienlik afgewyk van die familietradisie en sy eie unieke styl gedra. Hulle word beskou as ewe gesog as dié van Stradivari, en sommige beweer dat hulle inderdaad meer voortreflik is as die van Stradivari. Guarneri se viole het dikwels 'n donkerder, meer robuuste en sonore toon as die van Stradivari. Minder as 200 van Guarneri se instrumente bestaan tans nog. Die instrumente is almal viole, hoewel een tjello met sy vader se etiket, gedateer 1731, blykbaar deur del Gesù voltooi is. Die kwaliteit en skaarsheid van sy instrumente het gelei tot verkooppryse van meer as $10 miljoen.

'n asteroïed (19185 Guarneri) is na hom vernoem.[4]

  1. Hill, William Henry; Hill, Arthur F.; Hill, Afred Ebsworth (1931). The Violin-Makers of the Guarneri Family (1626–1762): Their Life and Work. Londen: William E. Hill & Sons, Violin-Makers – via Anthony J. Guarnieri, The Guarneri Violin Labels Page.
  2. Andy Fein (musiekinstrumentmaker), Guarnerius del Gesu: Outlier Violin Maker (met 'n foto van die Guarneri-etiketl), Fein Violins webwerf, 4 Desember 2011, besoek op 4 Mei 2020
  3. [1], Plate 8: Etikette wat gebruik is deur Italiaanse vioolmakers, p. 16
  4. "MPC 42677 9 May 2001" (PDF).

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne