’n Glasiale tyd of ystyd is ’n tyd (van duisende jare) in ’n ystydperk waarin kouer temperature en meer ysvorming voorkom. Interglasiale tye, daarenteen, is tye van warmer temperature tussen glasiale tye. Die laaste glasiale tyd het sowat 15 000 jaar gelede geëindig,[2] terwyl die huidige ystydperk steeds voortduur. Die Holoseen-epog is die huidige interglasiale tyd.