Gloucester

Hierdie artikel handel oor die Engelse stad. Vir ander gebruike, sien Gloucester (dubbelsinnig).
Gloucester
Uitsig oor Gloucester
Uitsig oor Gloucester
Gloucester is in Engeland
Gloucester
Gloucester
Koördinate: 51°52′12″N 2°14′24″W / 51.87000°N 2.24000°W / 51.87000; -2.24000
LandVlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
Land (VK)Vlag van Engeland Engeland
GraafskapGloucestershire
Bevolking
 • Totaal121 900

Gloucester (uitgespreek/ˈɡlɒstər/) is 'n katedraalstad en hoofstad van Gloucestershire in die Suidweste van Engeland. Gloucester lê aan die Severnrivier, tussen die Cotswolds in die ooste en die Forest of Dean in die weste; dit is 31 km van Monmouth, 53 km van Bristol, en 27 km oos van die grens met Wallis geleë. Die stad het 'n bevolking van ongeveer 132 000, insluitend voorstedelike gebiede. Dit is 'n hawe wat via die Gloucester- en Sharpness-kanaal met die Severn-riviermond verbind is.

Gloucester is deur die Romeine gestig en het in 97 nC 'n belangrike stad en kolonie, Colonia Glevum Nervensis onder keiser Nerva geword.

Die stad se eerste handves is in 1155 deur Henry II toegestaan. In 1216 is Henry III, wat slegs nege jaar oud was, met 'n vergulde ysterring in die Chapter House van Gloucester Cathedral gekroon. Gloucester se betekenis in die Middeleeue word onderstreep deur die feit dat dit 'n aantal kloosterinrigtings gehad het, insluitend St Peter's Abbey, wat in 679 gestig is (later Gloucester-Cathedral); die nabygeleë St Oswald's Priory, gestig in die 880's; en Llanthony Secunda Priory, gestig in 1136. Die stad is ook die plek van die beleg van Gloucester in 1643, waartydens die stad uitgehou het teen Royalistiese magte in die Eerste Engelse Burgeroorlog.[1]

'n Groot trekpleister van die stad is die Gloucester-katedraal, wat die begraafplaas is van koning Edward II en Walter de Lacy; die katedraal verskyn ook in tonele uit Harry Potter-films. Ander kenmerke van belang sluit in die museum en skool vir kuns en wetenskap, die voormalige distriksgevangenis (op die terrein van 'n Angelsaksiese en Normandiese kasteel), die Shire Hall en die Whitefield-gedenkkerk. 'n Park in die suide van die stad bevat 'n spa, agv 'n fontein wat in 1814 ontdek is.

Ekonomies word die stad oorheers deur die diensbedrywe en het sterk finansiële, navorsings-, verspreidings- en ligte nywerheidsektore. Histories was dit prominent in die lugvaartbedryf.[2][3][4]

In 1926 het die Gloucestershire Aircraft Company by Brockworth sy naam verander na die Gloster Aircraft Company omdat internasionale klante beweer het dat die naam Gloucestershire te moeilik was om te spel. ’n Beeldhouwerk in die middestad vier Gloucester se lugvaartgeskiedenis en sy betrokkenheid by die straalmotor.

Gloucester was een van die gasheerstede tydens die Rugbywêreldbeker 1991 en Rugbywêreldbeker 2015.

  1. "The Economy in Gloucester". Gloucester City Council. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Augustus 2007. Besoek op 20 Februarie 2014.
  2. "History of Gloucester". CORSE. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Mei 2021. Besoek op 3 Mei 2021.{{cite web}}: CS1 maint: unfit URL (link)
  3. Ekwall, Eilert (1960). The Concise Oxford Dictionary of English Place Names. Oxford University Press. p. 199. ISBN 978-0-19-869103-7.
  4. John Walter Taylor, "Dumbleton and the Celtic Substrate" (Dublin, 2022)

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne