Golden Gate-Hoogland- Nasionale Park

Golden Gate-Hoogland- Nasionale Park
Die bekende Brandwagrots
Die bekende Brandwagrots
Land Suid-Afrika
Provinsie Vrystaat
Naaste dorp Clarens
Ligging van Golden Gate-Hoogland- Nasionale Park op 'n kaart (Vrystaat)
Golden Gate-Hoogland- Nasionale Park
Golden Gate-Hoogland- Nasionale Park
Koördinate: 28°30′22″S 28°37′0″O / 28.50611°S 28.61667°O / -28.50611; 28.61667
Oppervlak 340 km2
Openingsjaar 1963
Bestuursliggaam SANParke
Webblad Golden Gate-Hoogland- Nasionale Park

Die Golden Gate-Hoogland- Nasionale Park is geleë in die Oos-Vrystaatse bergland; dit lê aan die voetheuwels van die Malutiberge. Die park is op 13 September 1963 geproklameer[1] en in November 2008 tot 34 000 ha vergroot deur die insluiting van die voormalige QwaQwa Nasionale Park.[2] Die hoogte van die park wissel van 1 892 m tot 2 770 m bo seevlak. Aan die suide van park is die Monantsapas op die grens met Lesotho. Die Caledonrivier ontspring naby die pas.

Die park is vernoem na die goue kleure wat die sandsteen aanneem wanneer die son daarop skyn. Die bekendste van die sandsteenrotse is die Brandwagrots wat bo die park en hotel uittroon. Na die suide is die Ribbokkop 'n bekende baken wat deel vorm van 'n staproete al langs die Ribbokspruit wat per voet of viertrekmotor onderneem kan word.

  1. (en) SANParke persvrystelling op 3 Julie 2013
  2. (en) SANParks Annual Report 2009, section Golden Gate Highlands National Park (p.46)

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne