Golf van Aden

Golf van Aden

Ligging van die Golf van Aden

Kaart van die Golf van Aden
Koördinate:12°N 48°O / 12°N 48°O / 12; 48
Ligging:Djiboeti, Jemen, Somalië
Soort:Golf van die Indiese Oseaan
Gemiddelde diepte:500 m (1 600 vt)
Maksimum diepte:2 700 m (8 900 vt)
Nedersettings:Aden, Jemen
Djibouti

Die Golf van Aden (Arabies: خليج عدن Ḫalīǧ ʻAdan, Somalies: Gacanka Cadmeed) 'n deel van die Arabiese See. Dit is tussen Jemen aan die suide van die Arabiese Skiereiland en die lande Djiboeti en Somalië in die Horing van Afrika geleë.

Die Golf van Aden is deur die Bab-el-Mandeb ("Poort van Trane") met die Rooisee verbind, wat opsig self deur die Suezkanaal aan die Middellandse See verbind is. Dit vorm 'n belangrike seestraat wat skeepvaart tussen die Middellandse See en die Indiese Oseaan moontlik maak. Belangrike hawestede wat hier voorkom is: Djibouti in die gelyknamige land Djiboeti, Bosaso in Somalië, en Berbera en Aden in Jemen.

As gevolg van die relatief lae vlak van besoedeling[1] is die water ryk aan vislewe en kom verskeie koraalriwwe hier voor.

Seerowery is 'n algemene verskynsel, wat aan die see sy bynaam Pirate Alley gegee het.

  1. "UNEP – regional seas – Red Sea & Gulf of Aden: Threats". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Augustus 2011. Besoek op 9 April 2013.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne