Gonarezhou Nasionale Park | |
---|---|
Land | Zimbabwe |
Provinsie | Masvingo |
Koördinate: 21°40′0″S 31°40′0″O / 21.66667°S 31.66667°O | |
Oppervlak | 5 053 km² |
Openingsjaar | 1975 |
Gonarezhou Nasionale Park is 'n wildreservaat in die suid-ooste van Zimbabwe. Gonarezhou is 'n Sjona-naam wat beteken "plek van die olifante".
Die park is geleë in 'n afgeleë hoek van die Masvingoprovinsie langs die Mosambiekgrens. Die park is in 'n laeveldstreek met kremetarte, struikbosse en sandsteengebergtes. Gonarezhou is die land se tweede grootste wildreservaat naas Hwange Nasionale Park. Dit is ongeveer 5 053 km² groot.
Die park word verdeel in twee streke: die Save/Runde-gebied in die noorde en die Mwenezigebied in die suide. Die park maak deel uit van die Groter Limpopo Oorgrenspark, 'n vredespark wat Gonarezhou verbind met die Nasionale Krugerwildtuin in Suid-Afrika en die Limpopo Nasionale Park in Mosambiek. Wilde diere kan vry beweeg tussen die verskillende parke.