Gotthard-padtonnel

Die suidelike ingang na die tonnel.

Die Gotthard-padtonnel is 'n tonnel vir voertuie in die Alpe in Switserland. Dit is 16,9 km lank onder die St. Gotthardpas en verbind Göschenen met Airolo. Tydens die voltooiing van die tonnel was dit die langste tonnel vir voertuie. Konstruksie het op 5 Mei 1970 begin en die tonnel is op 5 September 1980 geopen. Die tonnel is min of meer parallel met die Gotthard-spoorwegtonnel. Dit bestaan uit slegs een buis met twee lane.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne