Goue Berge van Altai* | |
---|---|
Unesco-wêrelderfenisterrein | |
Spits van die Beloecha-berg in die Altai-gebergte. | |
Posisie van die Goue Berge van Altai in Rusland | |
Koördinate: 50°28′00″N 86°00′00″O / 50.46667°N 86.00000°O | |
Lande | Rusland |
Tipe | Natuur |
Kriteria | x |
Verwysings | 768 |
Streek† | Europa |
Inskripsiegeskiedenis | |
Inskripsie | 1998 (22ste Sessie) |
* Naam soos dit in die Wêrelderfenislys verskyn. † Streek soos deur Unesco geklassifiseer. |
Die Goue Berge van Altai (Russies: Золотые горы Алтая) is die naam van ’n Unesco-wêrelderfenisgebied in Rusland. Dit bestaan uit die Altai- en die Katoen-natuurreservaat, Teletskoje-meer, Beloecha-berg en Oekok-plato.
Volgens Unesco verteenwoordig die gebied "die volledigste reeks bergplantegroeisones in Sentraal-Siberië – van steppe, woudsteppe en gemengde woude tot subalpynse en alpynse plantegroei".[1]
Die streek se belangrikheid is ook genoem in die bewaring van wêreldwyd bedreigde soogdierspesies, soos die sneeuluiperd en Altaïese argali. Die gebied is sowat 16 175 km2 groot.[2]