Gousblom | |
---|---|
![]() | |
'n Arctotis-blomhofie | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Tribus: | |
Genus: | Arctotis L.
|
Tipespesie | |
Arctotis angustifolia | |
Sinonieme[2] | |
|
Gousblomme (veral genus Arctotis) in die Suid-Afrikaanse opsig, is blomplante uit die familie Asteraceae, en veral die Calenduleae- en Arctotideae-tribusse daarvan, wat groot, geel blomhofies voortbring en in die suidweste van Suid-Afrika aangetref word.[3] As Suid-Afrikaanse volksnaam is dit aanvanklik toegepas op spesies in die genera Arctotis en Gazania, maar is later ook toegepas op spesies in die genera Arctotheca en Dimorphotheca,[3] d.w.s. naverwante genera wat ook oranje, geel of wit blomhofies het. 'n Randjie naby Ceres genaamd Gousblomhoogte is byvoorbeeld vernoem na 'n Dimorphotheca-spesie. Die naam is van Nederlandse oorsprong, waar dit verwys na Calendula officinalis, 'n blomplant waarskynlik uit Europa, wat in Nederland en elders as sierplant verbou word. Gousblom beteken "goue blom" en die genusnaam Gazania, wat sinspeel op rykdom, is moontlik ook daaraan te danke.[3]