Govan Baile a' Ghobhainn | |
---|---|
Stedelike distrik | |
Govan se raadsaal | |
Koördinate: 55°41′51″N 4°18′30″W / 55.69750°N 4.30833°W | |
Land | Verenigde Koninkryk |
Land | Skotland |
Stadsraad | Stadsraad van Glasgow |
Bevolking | |
• Totaal | 5 860 (2 015) |
• Digtheid | 3 595/km2 (9 310/vk. myl) |
Tydsone | UTC+0:00 (MGT) |
• Somertyd | UTC+1:00 (BST) |
Poskode | G51 |
Skakelkodes | 0141 |
Govan (['gʌvən]; Skots-Gaelies: Baile a' Ghobhainn) is 'n distrik, parogie en voormalige burgh (selfregerende munisipale entiteit) wat tans deel uitmaak van Glasgow, Skotland. Dit is 2,5 myl (4 km) wes van die middestad teen die suidoewer van die Clyderivier en teenoor die monding van die Kelvinrivier en die distrik Partick geleë. Histories het dit deel uitgemaak van die graafskap Lanark.
Volgens Middeleeuse legendes het Konstantyn, 'n 7de eeuse koning van Strathclyde, in Govan 'n klooster volgens die reël van die Ierse sendeling Columbanus gestig. Gedurende die Middeleeue het 'n veerboot Govan met Partick verbind om in die seisoenale behoeftes van beesdrywers te voorsien. In die 18de en 19de eeu het tekstielmeule en steenkoolmynbou tot die vernaamste bedrywe gegroei. Hulle is in die vroeë 19de eeu verbygesteek deur skeepsbou.[1]
In 1864 is die status van burgh aan Govan toegeken wat van die nedersetting die vyfde grootste sodanige munisipaliteit in Skotland gemaak het. In 1901 was Govan die sewende grootste nedersetting in Skotland. In 1912 is dit by Glasgow ingesluit.