Gqeberha iBhayi (xh) Bhayi (zu) Port Elizabeth (voorheen) | |
---|---|
'n Lugfoto van Gqeberha met die Nelson Mandelabaaistadion, 'n bekende baken, in die voorgrond. | |
Byname: PE, Die Baai | |
Leuse(s): Die vriendelike stad Die winderige stad | |
Koördinate: 33°57′29″S 25°36′0″O / 33.95806°S 25.60000°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Oos-Kaap |
Munisipaliteit | Nelson Mandelabaai |
Stigting | 1814[1] |
Regering | |
• Tipe | Metropolitaanse Munisipaliteit |
• Burgemeester | Gary van Niekerk (DA) |
Oppervlak | |
• Stad | 251,03 km2 (96,92 vk. myl) |
• Metro | 1 959 km2 (756 vk. myl) |
Bevolking (2011)[2] | |
• Stad | 312 392 |
• Digtheid | 1 244/km2 (3 220/vk. myl) |
• Metro | 1 152 915 |
• Metrodigtheid | 590/km2 (1 500/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 37,8% |
• Indiërs/Asiërs | 3,2% |
• Bruin mense | 27,0% |
• Swart mense | 30,6% |
• Ander | 1,4% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 40,2% |
• Engels | 33,3% |
• Xhosa | 22,2% |
• Ander | 4,3% |
Poskode (strate) | 6001 |
Poskode (posbusse) | 6000 |
Skakelkode | 041 |
Webwerf | Nelson Mandelabaai-munisipaliteit |
Gqeberha (Xhosa: [ᶢǃʱɛ̀ɓéːxà]; tot 2021 Port Elizabeth; Xhosa: iBhayi; Zoeloe: Bhayi), wat in die volksmond in Afrikaans dikwels "Die Baai" of net "PE" genoem word, is 'n hawestad geleë aan Algoabaai, in die Oos-Kaapprovinsie, Suid-Afrika, 763 km oos van Kaapstad. Met 'n bevolking van 312 390 (2011) is Gqeberha die grootste stedelike nedersetting in die Oos-Kaapprovinsie. Met die Nelson Mandela-universiteit (voorheen Universiteit van Port Elizabeth) het die stad dekades lank oor die enigste tweetalige universiteit in die land beskik.
Gqeberha, wat van 'n klein militêre buitepos tot die vyfde grootste stad en die derde belangrikste seehawe in Suid-Afrika gegroei het, strek oor sestien kilometer langs die kus van die Indiese Oseaan. Die warm subtropiese klimaat, 'n polsende naglewe en lang wit strande soos King's Beach, Humewood, Hobie en Pollock, waarvan sommige in die binnestad lê, maak van die stad 'n gewilde toeristebestemming. Humewoodstrand is as 'n blouvlagstrand gesertifiseer.
In 2001 het Port Elizabeth saam met Uitenhage, Despatch en ander gebiede in die omgewing deel geword van die Nelson Mandelabaai Metropolitaanse Munisipaliteit met 'n geskatte bevolking van 1 152 915 in 2011. Sedert 26 Mei 2023 dien Gary van Niekerk van die Nasionale Alliansie (NA) as uitvoerende burgemeester van Gqeberha en omstreke.