Graaf Dracula

Graaf Dracula
’n Beeld van die betrokke karakter.
Graaf Dracula soos deur Béla Lugosi uitgebeeld in 1931 se fliek Dracula.

Skepping
Geskep deur Bram Stoker
Uitgebeeld deur Bela Lugosi, Christopher Lee, Gary Oldman en vele ander
Inligting
Byname Bose Oog[1]
Graaf De Ville[2]
Mnr. De Ville[3]
Ordog
Nosferatu
Vlad III Dracula
Vlad die Deurboorder
Spesie Vampier, ondooie mens, weerwolf[4][5]
Geslag Manlik
Titel Transsilvaniese adellike[6]
Woiwode van Walachye[7]
Solomonari[8]
Vampierkoning [9]
Getroud met Bruide van Dracula
Nasionaliteit Szekler

Graaf Dracula is die titelkarakter en hoofantagonis in Bram Stoker se 1897-rilroman Dracula. Hy word beskou as die model vir alle daaropvolgende vampiere. Hy word ook in die roman uitgebeeld as die oorsprong van weerwolflegendes.[10]

Dracula is ’n ondooie, eeue oue vampier wat in ’n vervalle kasteel in Transsilvanië woon. Hy was in die lewe ’n soldaat en staatsman met ’n goeie kennis van vele vakgebiede, onder meer swartkuns. Hy word beskryf as die slimste, slinkste en dapperste seun van Transsilvanië.

As vampier het Dracula menslike bloed nodig om te oorleef. Hy het talle bomenslike kragte, soos om van gedaante te verander en diere te beheer, en hy beskik oor hipnotiese en telepatiese vermoëns. Wanneer hy iemand byt, verander hy of sy ook in ’n vampier. Daar is egter beperkings aan sy kragte – bedags kan hy nie funksioneer nie en slaap hy; hy kan nie sy lus vir bloed beheer nie; sekere voorwerpe kan hom doodmaak of sy kragte ongedaan maak; hy het in die vreemde Transsilvaniese grond nodig om volkome te rus en sy kragte te herwin.

Ander eienskappe wat aan Dracula toegeskryf word, is in daaropvolgende aanpassings van die oorspronklike boek bygevoeg of verander. Die karakter verskyn dikwels in van rolprente tot allerlei stories.

Aan die begin van Stoker se boek beplan graaf Dracula om die wêreld oor te neem en koop hy ’n huis in Londen. Daarna reis hy na Engeland, waar hy gou sy oog op twee vroue het. Hy verander die een, Lucy, in ’n vampier. Haar vriendin, Mina, en ’n paar mans begin inligting oor Dracula versamel en volg hom toe hy eindelik terugvlug na Transsilvanië. Hier vermoor hulle hom.

Sommige van Dracula se eienskappe, veral wat sy herkoms betref, is volgens sommige geskoei op die 15de-eeuse prins Vlad die Deurboorder van Walachye, wat ook as Dracula bekend was.

  1. Stoker, Bram. Dracula (PDF). pp. 10, 14, 499, 517.
  2. Stoker, Bram. Drracula (PDF). Chapter 20, Johnathon Harker's Journal, Letter, Mitchell, Sons & Candy To Lord Godalming, 1 Oktober. p. 391. The purchaser is a foreign nobleman, Count de Ville{{cite book}}: AS1-onderhoud: plek (link)
  3. Stoker, Bram. Dracula (PDF). Chapter 6, Johnathon Harker's Journal. p. 500. He had received a letter from Mr. de Ville of London{{cite book}}: AS1-onderhoud: plek (link)
  4. Stoker, Bram. Dracula (PDF). pp. 9, 42.
  5. Stoker, Bram. Dracula's Guest (PDF). p. 11. A wolf--and yet not a wolf!" another put in shudderingly. "No use trying for him without the sacred bullet.
  6. Stoker, Bram. Dracula (PDF). Chapter 2, Johnathon Harker's Journal. p. 35. We Transylvanian nobles love not to think that our bones may lie amongst the common dead.{{cite book}}: AS1-onderhoud: plek (link)
  7. Stoker, Bram. Dracula (PDF). pp. 43, 344.
  8. Stoker, Bram. Dracula (PDF). Chapter 18, Dr. Seward's Diary. p. 344.{{cite book}}: AS1-onderhoud: plek (link)
  9. Stoker, Bram. Dracula (PDF). Ch 27, Dr. Van Helsing’s Memorandum, 5 November. p. 531. DRACULA This then was the Undead home of the King Vampire, to whom so many more were due.{{cite book}}: AS1-onderhoud: plek (link)
  10. Stoker, Bram. Dracula (PDF). Ch 3, Johnathon Harker's Journal. p. 42.{{cite book}}: AS1-onderhoud: plek (link)

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne