Graaff-Reinet (insluitend uMasizakhe) | |
---|---|
![]() Graaff-Reinet uit die Vallei van Verlatenheid gesien. | |
Koördinate: 32°15′8″S 24°32′16″O / 32.25222°S 24.53778°O | |
Land | ![]() |
Provinsie | Oos-Kaap |
Distrik | Sarah Baartman |
Munisipaliteit | Dr Beyers Naudé |
Stigting | 19 Julie 1786 |
Oppervlak | |
• Totaal | 203,6 km2 (78,6 vk. myl) |
Hoogte | 756 m (2 480 ft) |
Bevolking (2011) | |
• Totaal | 35 672 |
• Digtheid | 175/km2 (450/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 8.7% |
• Indiërs/Asiërs | 0.5% |
• Bruin mense | 62.2% |
• Swart mense | 28.2% |
• Ander | 0.4% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 76.0% |
• Xhosa | 18.9% |
• Engels | 3.6% |
• Ander | 1.5% |
Poskode (strate) | 6286, 6280, 6281 |
Poskode (posbusse) | 6445 |
Skakelkode | 049 |
Graaff-Reinet is 'n dorp in die Dr Beyers Naudé Plaaslike Munisipaliteit (provinsie Oos-Kaap, Suid-Afrika) met sowat 36 000 inwoners,[1] insluitend die buurt uMasizakhe. Die dorp is in 1786 gestig en is die vierde oudste blanke nedersetting in Suid-Afrika.
Graaff-Reinet lê aan die voet van die Sneeuberge en Spandaukop, in 'n perdeskoenkronkel wat deur die Sondagsrivier gemaak word en te midde van die Karoo se dorre halfwoestyn. Die dorp, wat ook as die "Juweel van die Karoo" bekendstaan, is die godsdienstige, kulturele, onderwys- en landbousentrum van die Middelland. Veeteelt (veral skape en volstruise) en handel is die basis van die plaaslike ekonomie. Die N9 nasionale pad gaan deur die dorp.