Grabouw | |
---|---|
Koördinate: 34°9′0″S 19°1′0″O / 34.15000°S 19.01667°O | |
Land | ![]() |
Provinsie | Wes-Kaap |
Distriksmunisipaliteit | Overberg |
Plaaslike Munisipaliteit | Theewaterskloof |
Bevolking | |
• Totaal | 16 000 |
Tydsone | UTC+2 (SAST) |
Grabouw is 'n dorp in die munisipaliteit Theewaterskloof van die Overberg-distrik (provinsie Wes-Kaap, Suid-Afrika), met sowat 16 000 inwoners. Grabouw is genoem na die Duitse dorp Grabow, die geboortedorp van sy stigter. Dit lê in die Groenlandvallei en is die handelsentrum van die bekende Elgin-appelstreek, wat meer as 'n derde van die jaarlikse appelproduksie in Suid-Afrika oplewer. 65 persent van alle Suid-Afrikaanse appels, wat uitgevoer word, word in Grabouw en sy omgewing geoes. Grabouw het nou ook bekendheid vir sy wynplase verwerf. Die N2 nasionale pad gaan by Grabouw verby.