QV66 | ||||||||
Nefertari speel die bordspeletjie senet.
| ||||||||
Ligging | Vallei van die Koninginne | |||||||
Land | Egipte | |||||||
Ontdek | 1904 | |||||||
Uitgrawings deur | Ernesto Schiaparelli | |||||||
Versiering | Boek van die Dooies | |||||||
Uitleg | Meestal reguit | |||||||
← Vorige QV65 Volgende →
QV67 |
QV66 is die grafkelder van Nefertari, 'n hoofvrou van Ramses II, in Egipte se Vallei van die Koninginne. Dit is in 1904 ontdek deur Ernesto Schiaparelli, die direkteur van die Egiptiese Museum in Turyn. Nefertari, wat "mooi metgesel" beteken, was Ramses II se gunstelingvrou. Hy het uit sy pad gegaan om dit duidelik te maak: Hy het na haar verwys as "die een vir wie die son skyn", hy het die Tempel van Hathor vir haar by Aboe Simbel laat bou en muurskilderings van haar laat skilder.
In die Vallei van die Koninginne het Nefertari se grafkelder eens die gemummifiseerde oorblyfsels en verteenwoordigende simboliese relieke van haar bevat, nes die meeste Egiptiese grafkelders van dié tyd. Nou is alles geplunder, buiten omtrent twee derdes van die muurskilderings van meer as 480 m2. Dit is al waaruit Nefertari se karakter afgelei kan word. Spesiale aandag is aan haar gesig geskenk om haar skoonheid te beklemtoon, veral die vorm van haar oë, die blos op haar wange en haar oogwenke. Sommige skilderye was vol lyne en die kleure rooi, blou, geel en groen wat duidelike aanduidings gee van haar reis deur die hiernamaals na die paradys.[1][2][3][4][5]