Grigori Perelman | |
![]() | |
Perelman in 1993
| |
Gebore | 13 Junie 1966 Leningrad, Sowjetunie (nou Sint Petersburg, Rusland) |
---|---|
Vakgebied | |
Instelling(s) | POMI New York University Universiteit van Kalifornië, Berkeley |
Bekend vir |
|
Toekennings |
|
Grigori Yakovlevich Perelman (geb. 13 Junie 1966) is 'n Russiese wiskundige bekend vir sy bydrae tot die velde van meetkundige analise, Riemannmeetkunde, en meetkundige topografie. In 2005 het Perelman sy navorsing by Steklov Institute of Mathematics gestaak, en in 2006 sy verleentheid uitgespreek oor die stand van etiek in internasionale professionele wiskunde. Hy woon in St. Petersburg, en weier sedertdien enige media-onderhoude.
In Augustus 2006 is Perelman die Fields-medalje[1] aangebied vir "sy bydraes tot meetkunde en sy revolusionêre insigte in die analitiese en geometriese struktuur van die Ricci-vloei", maar hy het die toekenning van die hand gewys en gesê: "Ek stel nie belang in geld of roem nie; ek wil nie soos 'n dier in 'n dieretuin vertoon word nie." Op 22 Desember 2006 het die wetenskaplike tydskrif Science Perelman se bewys van die Poincaré-vermoede erken as die wetenskaplike "Deurbraak van die Jaar", die eerste sodanige erkenning in die gebied van wiskunde.
Op 18 Maart 2010 is aangekondig dat hy aan die kriteria voldoen het om die eerste Clay Millennium-prys[2] te ontvang vir die oplossing van die Poincaré-vermoede. Op 1 Julie 2010 het hy die prys van een miljoen dollar verwerp en gesê dat hy die besluit van die direksie van die Clay Institute as onregverdig beskou, deurdat sy bydrae tot die oplossing van die Poincaré-vermoede nie groter was as dié van Richard S. Hamilton, die wiskundige bekend vir die Ricci-vloei nie.[3][4] Hy het voorheen die gesogte prys van die European Mathematical Society in 1996 verwerp.[5]
{{cite news}}
: Leë aanhaling (hulp)
{{cite news}}
: Leë aanhaling (hulp)