Groot Muur van China* | |
---|---|
Unesco-wêrelderfenisterrein | |
Die Groot Muur van China in Shanhaiguan. | |
Ligging van die Groot Muur in China | |
Koördinate: 40°20′37″N 116°0′06″O / 40.34361°N 116.00167°O | |
Lande | Volksrepubliek China |
Tipe | Kultureel |
Kriteria | i, ii, iii, iv, vi |
Verwysings | 438 |
Streek† | Asië |
Inskripsiegeskiedenis | |
Inskripsie | 1987 (11de Sessie) |
* Naam soos dit in die Wêrelderfenislys verskyn. † Streek soos deur Unesco geklassifiseer. |
Die Groot Muur van China (Chinees: 萬里長城 / 万里长城 Wànlǐ Chángchéng‚ 10 000 Li lang Muur; ook 中國長城 / 中国长城 Zhōngguó Chángchéng‚ "Lang Chinese Muur") is 'n reeks van ou steenmure in die noorde van die Volksrepubliek China. Verskeie mure is gebou vanaf die 7de eeu v.C. en is later versterk en aanmekaar gebou. Nie al die mure vorm deel van een groot muur nie, maar dit word gesamentlik die Groot Muur van China genoem.
Die muur is opgerig om die Chinese Keiserryk teen die vyandelike nomadiese ruitervolke te beskerm. Die muur strek oor 21 196,18[1][2][3] kilometer van Shanhaiguan by Bo Hai (300 km oos van Beijing) tot Lop Nur in die suidoostelike deel van die outonome streek Xinjiang. Dit is die langste struktuur wat nog deur mense opgerig is. Die muur is ongeveer vyf mense breed en 20 mense hoog.