Groot Paleis van Konstantinopel

Een van die steunpilare van die Groot Paleis, in die Istanboelse Argeologiese Museum.

Die Groot Paleis van Konstantinopel (Grieks: Μέγα Παλάτιον; Turks: Büyük Saray) was die groot Bisantynse keiserlike paleiskompleks aan die suidoostelike kant van die skiereiland wat nou bekend is as Ou Istanboel. Dit was van 330 tot 1081 die hoofwoning van die Bisantynse en Oos-Romeinse keisers en langer as 800 jaar die sentrum van keiserlike administrasie.

Dit was in Latyn ook bekend as die "Heilige Paleis" (Sacrum Palatium).


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne