Groot komeet

Die Groot Komeet van 1577 oor Praag, soos uitgebeeld op 'n houtsneewerk.

'n Groot komeet is 'n komeet wat besonder helder word. Daar is geen amptelike definisie nie; die term word dikwels gebruik vir komete soos Halley se Komeet wat tydens verskynings so helder word dat hulle opgemerk word deur mense wat nie spesifiek op die uitkyk vir hulle is nie. Hulle is gewoonlik taamlik bekend buite die sterrekundegemeenskap. Groot komete verskyn met ongereelde, onvoorspelbare tussenposes, gewoonlik sowat een keer per dekade. Hoewel komete amptelik na hulle ontdekkers genoem word, word soms na groot komete verwys met die jaar waarin hulle groot was, met die formule "Die Groot Komeet van ...", gevolg deur die jaartal.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne