Groot Marico | |
---|---|
Paul Krugerstraat in Groot Marico | |
Koördinate: 25°35′43″S 26°24′49″O / 25.59528°S 26.41361°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Noordwes |
Distrik | Ngaka Modiri Molema |
Munisipaliteit | Ramotshere Moiloa |
Oppervlak | |
• Totaal | 36,17 km2 (13,97 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 3 384 |
• Digtheid | 94/km2 (240/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 8.9% |
• Indiërs/Asiërs | 2.0% |
• Bruin mense | 1.2% |
• Swart mense | 86.8% |
• Ander | 1.1% |
Taal (2011) | |
• Tswana | 81.5% |
• Afrikaans | 10.8% |
• Engels | 3.8% |
• Ander | 3.9% |
Poskode (strate) | 2850 |
Webwerf | www.marico.co.za |
Groot Marico is 'n dorp in die Noordwesprovinsie van Suid-Afrika. Die dorp is eers in 1948 gestig deur A.J.M. van Aardt en 'n paar vriende op die plaas Wonderfontein. Die Voortrekkers het hulle reeds in 1845 in die omgewing begin vestig. In 1871 is Groot Marico as deel van Zeerust as 'n nuwe distrik verklaar deur die destydse Transvaalse republiek. Groot Marico het veral bekend geword vir die stories wat deur Herman Charles Bosman oor die dorp, sy omgewing en mense geskryf is. Die N4 nasionale pad gaan deur Groot Marico.