Groot Mere van Afrika

Nasa-Satellietbeeld van die Groot Mere van Afrika
Kaart van die Groot Mere van Afrika:
Albertmeer (Lake Albert)
Edwardmeer (Lake Edward)
Kivumeer (Lake Kivu)
Kyogameer (Lake Kyoga)
Malawimeer (Lake Malawi)
Mwerumeer (Lake Mweru)
Rukwameer (Lake Rukwa)
Tanganjikameer (Lake Tanganyika)
Turkanameer (Lake Turkana)
Victoriameer (Lake Victoria)

Die Groot Mere van Afrika (Engels: African Great Lakes, Swahili: Maziwa Makuu) vorm 'n reeks van mere binne die Groot Skeurvallei in Oos-Afrika. Dit sluit in die Victoriameer, die wêreld se derde grootste varswatermeer volgens oppervlakte, en die Tanganjikameer, die wêreld se tweede grootste meer volgens volume en diepte.[1]

Die groot skeurmere van Afrika vorm sedert ou tye die tuis van 'n groot biodiversiteit; 10 persent van die wêreld se visspesies is daar gevind. Die mere Victoria, Tanganjika en Malawi bevat 'n kwart van die aarde se varswatervoorraad.

Lande wat in die Groot Mere-streek (soms ook Groter Mere-streek genoem) geleë is sluit in Burundi, die Demokratiese Republiek van die Kongo, Kenia, Malawi, Mosambiek, Rwanda, Tanzanië, Uganda en Zambië.[2]

  1. (en) "~ZAMBIA~". www.zambiatourism.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2013. Besoek op 14 Maart 2008.
  2. (en) "International Documentation Network on the Great African Lakes Region". Princeton University Library. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Desember 2019. Besoek op 22 November 2013.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne