Groot St. Bernardtonnel

Die Groot St. Bernardtonnel (Frans: Tunnel du Grand Saint-Bernard, Italiaans: Traforo del Gran San Bernardo, Duits: Grosser-Sankt-Bernhard-Tunnel) is 'n tonnel vir motors wat in die Alpe in Switserland geleë is. Die tonnel is gebou om verligting te bring vir die Groot St. Bernardpas. Dit verbind Martigny in die Switserse kanton van Valais met Saint-Rhémy-en-Bosses in die Aosta vallei in noordwes Italië.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne