Hierdie naam is volgens die Oos-Slawiese gebruik; die patroniem is Michailowitsj en die van is Romanof.
Georgi Michailowitsj | |
---|---|
Groothertog | |
Huis | Romanof |
Vader | Groothertog Michail Nikolajewitsj |
Moeder | Prinses Cecilie van Baden |
Gebore | Tiflis, Russiese Ryk | 23 Augustus 1863,
Oorlede | 28 Januarie 1919 (op 55), Petrograd, Sowjetunie |
Eggenote | Prinses Maria van Griekeland en Denemarke |
Groothertog Georgi Michailowitsj van Rusland (Russies: Георгий Миха́йлович; 23 Augustus 1863 - 28 Januarie 1919) was die derde oudste seun van groothertog Michail Nikolajewitsj van Rusland en ’n neef van tsaar Aleksander III. Hy was tydens die Eerste Wêreldoorlog ’n generaal in die Russiese keiserlike weermag.