Hierdie naam is volgens die Oos-Slawiese gebruik; die patroniem is Pawlowitsj en die van is Romanof.
Michail Pawlowitsj | |
---|---|
Groothertog | |
’n Portret deur George Dawe.
| |
Huis | Romanof |
Vader | Paul van Rusland |
Moeder | Sophia Dorothea Augusta Louisa van Württemberg (Maria Fjodorowna) |
Gebore | 8 Februarie [O.S. 28 Januarie] 1798, Sint Petersburg, Russiese Ryk |
Oorlede | 9 September [O.S. 28 Augustus] 1849, Warskou, Pole |
Eggenote | Prinses Charlotte van Württemberg (Jelena Pawlowna) |
Kinders | Maria, Elisabeth, Katharina, Aleksandra, Anna |
Michail Pawlowitsj Romanof (Russies: Михаи́л Па́влович; 8 Februarie [O.S. 28 Januarie] 1798 – 9 September [O.S. 28 Augustus] 1849) was ’n Russiese groothertog, die jongste kind van die ses dogters en vier seuns van keiser Paul van Rusland en Sophia Dorothea Augusta Louisa van Württemberg. Hy was die broer van keisers Aleksander I en Nikolaas I.