Grumman TBF Avenger | |
---|---|
Tipe | Bomwerper |
Vervaardiger | Grumman General Motors |
Nooiensvlug | 1 Augustus 1941 |
Status | Uit diens gestel |
Hoofgebruikers | Amerikaanse Vloot Britse Vloot Kanadese Vloot Royal New Zealand Air Force |
Aantal gebou | 9 839 |
Die Grumman TBF Avenger was 'n bomwerper wat deur die Amerikaanse Vloot gebruik is tydens die Tweede Wêreldoorlog. Vliegtuie gemaak deur General Motors is bekend as TBM. Die vliegtuig het sy nooiensvlug voltooi op 1 Augustus 1941. Die vliegtuie het aan die Slag van Midway deelgeneem en was ook deel van die vliegdekskip USS Hornet se vliegtuie.