Grumman F-9 Cougar

Grumman F9F-6
'n Grumman F9F-6 in vlug.
Tipe Vegvliegtuig
Vervaardiger Grumman
Nooiensvlug 20 September 1951
Onttrek 1974, VS Vloot
Status Uit diens gestel
Hoofgebruikers Amerikaanse Lugmag (histories)
Amerikaanse Marinierskorps
Argentynse Vloot
Aantal gebou 1 988
Eenheidskoste VS$ 2 miljoen

Die Grumman F9F/F-9 Cougar was 'n vliegdekskip-gebaseerde vegvliegtuig van die Amerikaanse Vloot en die Amerikaanse Marinierskorps. Gebaseer op die Grumman se vroeëre F9F Panther, het die Cougar die Panther se reguit vlerke vervang met meer moderne geswiepde vlerke. Die straler se stukrag is ook verhoog. Die Vloot het die Cougar as 'n opgedateerde weergawe van die Panther beskou, en ten spyte van die verskillende amptelike naam, is die Cougars benoem vanaf F9F-6 en verder.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne