Guillaume Apollinaire | |
---|---|
![]() Foto van Guillaume Apollinaire in die lente van 1916 na 'n skrapnelwond aan sy hoof | |
Gebore | Wilhelm Albert Włodzimierz Apolinary Kostrowicki 26 Augustus 1880 Rome, Koninkryk van Italië |
Sterf | 9 November 1918 (op 38) Parys, Frankryk |
Beroep | Digter, skrywer, kunskritikus |
Handtekening | |
![]() |
Guillaume Apollinaire (Franse uitspraak: ɡijom apɔlinɛʁ; 26 Augustus 1880 – 9 November 1918; gebore as Wilhelm Albert Włodzimierz Apolinary Kostrowicki) was 'n Franse digter, dramaturg, skrywer van kortverhale, romansier en kunskritikus van Pools-Wit-Russiese afkoms.
Apollinaire word beskou as een van die voorste digters van die vroeë 20ste eeu en as een van die mees onbevange en onverskrokke verdedigers van Kubisme, sowel as die voorvader van die Surrealisme. Hy word daarmee gekrediteer dat hy die term "Kubisme" in 1911 gemunt het[1] ten einde die opkomende kunsbeweging te beskryf, asook die term "surrealisme" in 1917 ten einde die werke van Erik Satie te beskryf. Die term "Orphisme" (1912) is ook syne. Hy het gedigte geskryf sonder leestekens, ten einde modern te wees wat beide vorm en onderwerp betref.[2] Apollinaire het een van die vroegste surrealistiese literêre werke geskryf naamlik, die toneelstuk "The Breasts of Tiresias" (1917), wat die basis geword het vir Francis Poulenc se opera uit 1947 getiteld "Les mamelles de Tirésias".
Apollinaire was aktief as joernalis en kunskritikus vir Le Matin, L'Intransigeant, L'Esprit nouveau, Mercure de France, en Paris Journal. In 1912 was Apollinaire medestigter van Les Soirées de Paris, 'n artistieke en literêre tydskrif.
Twee jaar nadat hy tydens die Eerste Wêreldoorlog gewond is, sterf Apollinaire in die Spaanse griep pandemie van 1918; hy was maar 38.
{{cite book}}
: AS1-onderhoud: ander (link) CS1 maint: date format (link)