Gulpen-Wittem | |
---|---|
Munisipaliteit | |
Klein-Kuttingen se omgewing | |
![]() Ligging van Gulpen-Wittem-munisipaliteit in Limburg | |
Koördinate: 50°49′00″N 5°54′00″O / 50.81667°N 5.90000°O | |
Land | ![]() |
Provinsie | ![]() |
Regering | |
• Burgemeester | Nicole Ramaekers-Rutjens |
Oppervlak | |
• Totaal | 73,37 km2 (28,33 vk. myl) |
• Land | 73,18 km2 (28,25 vk. myl) |
• Water | 0,19 km2 (0,07 vk. myl) |
Bevolking | |
• Totaal | 14 484 |
• Digtheid | 198/km2 (512,8/vk. myl) |
Poskode | 6270-6289, 6320-6321 |
Skakelkodes | 043 |
Webwerf | www.gulpen-wittem.nl |
Gulpen-Wittem (Limburgs: Gulpe-Wittem) is 'n munisipaliteit in die Nederlandse provinsie Limburg, wat grens aan die Voerstreek van die Vlaamse provinsie Limburg, aan die Waalse provinsie Luik en aan die Duitse deelstaat Noordryn-Wesfale. Die munisipale gebied het sowat 14 000 inwoners (2012) en 'n oppervlakte van 73 km². Gulpen-Wittem is in 1999 gestig en gevorm uit die munisipaliteite Gulpen en Wittem. Eersgenoemde is die administratiewe setel van die munisipaliteit.
Gulpen-Wittem is Nederland se suidelikste munisipaliteit. Deur hierdie gebied vloei die Gulp- en Geul-riviere.