Guy Fawkes | |
---|---|
'n Prent vanuit William Harrison Ainsworth se roman, Guy Fawkes, soos deur die 19de eeuse kunstenaar, George Cruikshank uitgebeeld. | |
Gebore | Guido Fawkes, John Johnson 13 April 1570 (beweer) |
Sterf | 31 Januarie 1606 (op 35) |
Nasionaliteit | Engeland |
Beroep | soldaat, Alférez |
Bekend vir | Buskruitverraad van 1605 |
Ouer(s) | Edward Fawkes Edith (née Blake of Jackson) |
Guy Fawkes, (Engels: /ˈɡaɪ ˈfɔːks/; York, 13 April 1570 – Londen, 31 Januarie 1606), soms ook bekend as Guido Fawkes, was 'n Engelse soldaat. Hy is bekend vir sy rol in die sameswering om koning Jakobus I van Engeland en 'n groot deel van die Skotse adel wat in Londen woon te vermoor.
Fawkes is in York gebore, waar hy in die kerk van St. Michael-le-Belfry gedoop en skool bygewoon het. Hy dien 'n paar jaar as soldaat, en doen ervaring met plofstowwe op. Hy dien ook onder die Spanjaarde tydens die Tagtigjarige Oorlog, en help onder andere om Calais in 1596 in te neem.