| |||||
Nasionale leuse: One People, One Nation, One Destiny (Engels vir: "Een volk, een nasie, een bestemming") | |||||
Volkslied: Dear Land of Guyana, of Rivers and Plains (Engels vir: "Liewe land van Guyana, van riviere en vlaktes") | |||||
Hoofstad | Georgetown | ||||
Grootste stad | Georgetown | ||||
Amptelike tale | Engels | ||||
Regering | Unitêre presidensiële grondwetlike republiek Irfaan Ali Mark Phillips | ||||
Onafhanklikheid | 1667–1814 1814–1966 26 Mei 1966 23 Februarie 1970 6 Oktober 1980 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
214 970 km2 (83ste) 83 000 myl2 8,4 | ||||
Bevolking - 2018-skatting - 2012-sensus - Digtheid |
786 391[1][2] (164ste) 747 884[3] 3,502 / km2 (232ste) 9,071 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2019-skatting | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2019-skatting | ||||
MOI (2018) | 0,670[5] (123ste) – medium | ||||
Gini (1998) | 44,6[6] – medium | ||||
Geldeenheid | Dollar (GYD )
| ||||
Tydsone - Somertyd |
GYT (UTC-4) nie toegepas nie (UTC-4) | ||||
Internet-TLD | .gy | ||||
Skakelkode | +592 |
Guyana (Engels: [ɡaɪˈɑːnə] of [ɡaɪˈænə], ), amptelik die Koöperatiewe Republiek Guyana (Co-operative Republic of Guyana) is 'n land in die noorde van Suid-Amerika net noord van die ewenaar met 'n oppervlakte van 214 970 km² en 'n bevolking van 786 391 in 2018. Dit word begrens deur Venezuela in die weste, Brasilië in die suide, Suriname in die ooste en die Atlantiese Oseaan in die noorde. Die hoofstad en grootste stad is Georgetown, wat langs die noordelike kus geleë is. Net wes van Georgetown mond die Essequibo, die land se langste rivier, in die Atlantiese Oseaan uit.
Guyana is die enigste lidland van die Britse Statebond op die vasteland van Suid-Amerika, hoewel dit dikwels beskou word as deel van die Karibiese gebied weens sy sterk kulturele, historiese en politieke bande met die Karibiese lande. Dit is ook die enigste onafhanklike land van Suid-Amerika met Engels as amptelike taal. Guyana se bevolking bevat 'n groot verskeidenheid van Indiese, Afrika-, Amerindiese en ander etniese groepe.
Guyana se naam is afgelei van die Guyanas, 'n groot hoogland noord van die Amasonerivier en oos van die Río Orinoco; guiana beteken "land van baie water".[7] Die Guyanas het voorheen dele van Brits-Guyana (Guyana), Frans-Guyana ('n Franse oorsese gebied), Nederlands-Guyana (Suriname), Portugees-Guyana (die Brasiliaanse deelstaat Amapá) en Spaans-Guyana (die Venezolaanse streek Guyana) ingesluit.
Guyana is in 1498 deur Christophorus Columbus tydens sy derde reis vir Europa ontdek en Walter Raleigh het dié gebied in 1596 beskryf. Die Nederlanders het as eerste verskeie kolonies in dié gebied gestig: Essequibo (1616), Berbice (1627) en Demerara (1752). Nadat die Britte die gebied in 1796 oorgeneem het, het die Nederlanders die gebied in 1814 formeel aan die Verenigde Koninkryk afgestaan. In 1831 is die drie kolonies tot Brits-Guyana saamgesluit. Op 26 Mei 1966 het Guyana van die Verenigde Koninkryk onafhanklik geword en op 6 Oktober 1980 'n republiek binne die Britse Statebond. Sedert sy onafhanklikheid eis Venezuela die westelike gebied van Guyana as Guayana Esequiba op.