HD Radio

HD Radio se amptelike kenteken
'n HD Radio-ontvangstoestel in 'n Volkswagen-motor

HD Radio is 'n digitale uitsaaistandaard en handelsmerk van iBiquity wat - as 'n alternatief tot Digital Audio Broadcasting (DAB) - in die Verenigde State ontwikkel is en intussen deur die meeste Amerikaanse FM- en AM-radiostasies gebruik word om oudioseine en bykomende datadienste uit te saai.[1] Kenmerkend vir HD Radio is dat

  • 'n digitale radiosein bo en benede 'n radiostasie se analoë standaardsein uitgesaai kan word,
  • luisteraars na dieselfde radioprogram se digitale of analoë standaardsein kan kies (waarby alternatief ook verskillende programme gelyktydig uitgesaai kan word), en
  • dat HD Radio as hibriede stelsel gelyktydig met FM en AM-dienste bedryf kan word sodat beide, digitale en analoë, radiotoestelle dit kan ontvang.
  1. "HD Radio - How it works. Besoek op 18 Junie 2017". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 September 2016. Besoek op 18 Junie 2017.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne