HMS Conqueror (S48)

HMS Warspite (links) en HMS Conqueror (middel) met HMS Valiant (agter) by die HMNB Devonport Vlootdae, 26 Augustus 2006

Die HMS Conqueror was 'n kernaangedrewe duikboot in die Churchill-klas van die Britse Vloot. Die duikboot het bekend geword toe dit die ARA General Belgrano gekelder het tydens die Falklandoorlog; dit is nog steeds die enigste kernaangedrewe duikboot wat 'n skip gekelder het met torpedo's. Die duikboot is die derde wat voltooi is van sy klas van vier.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne