Habitat 67

'n Uitsig oor Habitat 67, soos gesien vanaf die Sint-Laurensrivier.

Habitat 67 is 'n woonstelkompleks in Montreal (Quebec, Kanada) wat in die stadsbuurt Cité du Havre, digby die Marc-Drouinkaai langs die Sint-Laurensrivier, opgerig is. Die Israelies-Kanadese argitek Moshe Safdie (* 1938) het met sy buitengewone ontwerp, wat elemente van drie argitektoniese konsepte en boustyle - brutalisme, strukturalisme en metabolisme - met mekaar verbind, en wat ter geleentheid van die Expo 67-wêreldtentoonstelling in die 1960's verwesenlik is, internasionale bekendheid verwerf. 'n Ambisieuse twee jaar lange opknappingsprojek ter geleentheid van die kompleks se vyftigjarige bestaan is laat in 2018 voltooi.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne