Halaf-beskawing | ||
Die Halaf-beskawing (groen) naas dié van Samarra, Hassuna en Obeid. | ||
Streek | Mesopotamië | |
Tydperk | Neolitikum | |
Datums | c. 6100-5100 v.C. | |
Tipeterrein | Tell Halaf | |
Belangrike terreine | Tell Brak | |
Voorafgegaan deur | Neolitikum B voor erdeware | |
Opgevolg deur | Noord-Obeid-tydperk |
Die Halaf-beskawing is ’n prehistoriese argeologiese kultuur in Noord-Mesopotamië wat rofweg van 6100 v.C. tot 5100 v.C. geduur het.[1] Dit was hoofsaaklik in die vrugbare vallei van die Khaburrivier van Suidoos-Turkye, Sirië en Noord-Irak geleë, hoewel materiaal wat deur Halaf beïnvloed is, deur die hele Groter Mesopotamië ontdek is.
Hoewel die beskawing genoem is na die terrein by Tell Halaf in Noord-Sirië, wat tussen 1911 en 1927 deur Max von Oppenheim uitgegrawe is, is die vroegste Halaf-materiaal in 1908 deur John Garstang ontdek by Sakce Gözü, toe in Sirië maar nou deel van Turkye.[2] Klein hoeveelhede Halaf-materiaal is ook in 1913 deur Leonard Woolley uitgegrawe by Carchemish, aan die grens van dié twee lande.[3] Die belangrikste terrein vir die Halaf-tradisie is egter by Tell Arpachiyah, nou in die voorstede van Mosoel, Irak.[4]
Die Halaf-tydperk is gevolg deur die Halaf-Obeid-oorgangstydperk, wat die laat Halaf (omstreeks 5400-5000 v.C.) ingesluit het, en daarna deur die Obeid-tydperk.