Halifax Stanfield Internasionale Lughawe

Halifax Stanfield Internasionale Lughawe (IATA: YHZ; ICAO: CYHZ) is 'n internasionale lughawe in Goffs, Nova Scotia, 'n landelike gemeenskap van die Halifax Streeksmunisipaliteit in Kanada. Dit bedien die Halifax-streek, die vasteland van Nova Scotia en aangrensende gebiede in die naburige Maritieme provinsies. Die lughawe is vernoem na Robert Stanfield, die 17de Premier van Nova Scotia en voormalige leier van die federale Progressiewe Konserwatiewe Party van Kanada.

Die lughawe, wat deur Transport Canada besit word sedert dit in 1960 geopen het, word sedert 2000 deur die Halifax International Airport Authority (HIAA) bedryf. Dit vorm deel van die Nasionale Lughawensstelsel .

Halifax Stanfield is die 8ste besigste lughawe in Kanada deur passasiersverkeer en is as 'n internasionale lughawe aangewys deur Transport Canada.[1] Dit het 'n totaal van 3 579 293 passasiers in 2023[2] en 84 045 vliegtuigbewegings in 2017 hanteer. Dit is 'n bedryfsbasis vir Cougar Helicopters, Maritime Air Charter, en PAL Airlines, sowel as 'n fokusstad vir Air Canada en Porter Airlines.

Lêer:YHZ in 1960.jpg
Die lughawe-terminaal kort na konstruksie in 1960
  1. Canada, Transport (22 Augustus 2023). "Advisory Circular (AC) No. 302-032". 00000000 00000000.
  2. "Halifax Stanfield Celebrates Impressive Passenger Traffic Growth in 2023". halifaxstanfield.ca. 30 Januarie 2024.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne