Hamburg Lughawe Flughafen Hamburg | |||
---|---|---|---|
![]() | |||
![]() | |||
IATA: HAM – ICAO: EDDH | |||
Opsomming | |||
Tipe lughawe | Openbaar | ||
Eienaar | Ministerie van Ekonomiese Sake, Vervoer en Innovering (Stad Hamburg) (51%) AviAlliance (49%) | ||
Operateur | Flughafen Hamburg GmbH | ||
Bedien | Hamburg Metropolitaanse Streek | ||
Ligging | Hamburg, Duitsland | ||
Gebou | 1911 | ||
Fokuspunt vir | Condor Eurowings Ryanair Wizz Air | ||
Hoogte bo seevlak | 53 vt / 16 m | ||
Koördinate | 53°37′49″N 009°59′28″O / 53.63028°N 9.99111°O | ||
Webtuiste | |||
Landkaart | |||
| |||
Aanloopbane | |||
Rigting | Lengte | Oppervlak | |
m | vt | ||
05/23 | 3,250 | 10,663 | Teer |
15/33 | 3,666 | 12,028 | Teer |
Statistieke (2018) | |||
Passasiers | 17,231,687 | ||
Lugbewegings | 156,388 | ||
Bronne: Lughawe se webblad[1] Duitse AIP by EUROCONTROL[2] |
Hamburg-lughawe (IATA: HAM, ICAO: EDDH), in Duits bekend as Flughafen Hamburg, is 'n groot internasionale lughawe in Hamburg, die tweede grootste stad in Duitsland. Sedert November 2016 is die lughawe na die voormalige Duitse kanselier Helmut Schmidt gedoop. Dit is 8,5 km noord van die middestad in die Fuhlsbüttel-kwartier geleë en dien as 'n spilpunt vir Eurowings en fokusstad vir Condor.
Hamburg Lughawe is die vyfde besigste van Duitsland se kommersiële lughawens gemeet aan die aantal passasiers en het 17 231 687 passasiers en 156 388 vliegtuigbewegings in 2018 getel.[3] Teen Julie 2017 het dit vlugte gehuisves na meer as 130 meestal Europese metropolitaanse en ontspanningsbestemmings[4] sowel as twee langafstandroetes na Doebai en Teheran. Die lughawe is toegerus om wyerompvliegtuie te hanteer, insluitend die reuse Airbus A380.[5]
Hamburg se ander lughawe, Hamburg Finkenwerder-lughawe waar die Airbus-fabriek geleë is, is nie oop vir kommersiële verkeer nie.