Handley Page Halifax | |
---|---|
Tipe | Strategiese bomwerper |
Vervaardiger | Handley Page |
Nooiensvlug | 24 September 1939 |
Status | Uit diens gestel |
Hoofgebruiker | Britse Lugmag |
Vervaardig | 1940-1945 |
Aantal gebou | 6176 |
Ontwikkel van | Vulture H.P.56 |
Die Handley Page Halifax was 'n viermotorige bomwerper wat deur die Britse Lugmag gebruik was tydens die Tweede Wêreldoorlog. Die eerste van twee prototipes het op 24 September 1939 sy nooiensvlug onderneem. Die vliegtuig het ook aan die Berlynse Lugbrug deelgeneem.