Handley Page Hampden

Handley Page Hampden
Hampden Mk.I van Nr. 455 Eskader RAAF (Mei 1942)
Tipe Bomwerper
Vervaardiger Handley Page
Nooiensvlug 21 Junie 1936
Status Uit diens gestel
Hoofgebruiker Britse Lugmag
Vervaardig 1936-1941
Aantal gebou 1,430

Die Handley Page Hampden was 'n tweemotorige bomwerper hoofsaaklik gebruik deur die Britse Lugmag tydens die Tweede Wêreldoorlog. Tesame met die Vickers Wellington en die Armstrong Whitworth Whitley was dit die enigste tweemotorige bomwerpers waaroor die Britse Lugmag beskik het toe die oorlog op 9 September 1939 uitgebreek het. Hierdie drie bomwerpers het die Britse bomaanvalle gedra totdat die eerste van die viermotorige bomwerpers, die Short Stirling, eers in 1941 beskikbaar geraak het.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne